LITERAIR E-MAGAZINE VOOR NEDERLANDSTALIGE POËZIE

Martjie Bosman – Vloeibare Middelpunt

18 mei, 2017

Woorde reis na hier

door Yolandi de Beer

(Meander publiceert een paar keer per jaar recensies over Zuid-Afrikaanse bundels. Het gaat daarbij niet om vertalingen: citaten staan daarom in het Afrikaans. Sinds begin dit jaar geldt dat ook voor de recensies in hun geheel. Native speaker Yolandi de Beer, die sinds vorig jaar in Nederland woont, schrijft ze – redactie Meander).

Die kruising by die die spookhuis in Pretoria is vir my ’n bekende gesig. Die skildery van Ryan Loubser wek by my die gevoel van ’n herinnering asof uit ’n droom. Vir ‘n oomblik is ek weer daar by die kruising tussen Rigel en Nossob … wagtend op ’n rooi lig wat vanoggend nie wil groen. Dit reën.  My ruit ‘n skrefie skoorsteen waaruit sigaret rook borrel.  Die as plak aan die nattigheid aan die buitekant van my ruit vas. ’n Kilometer agter my is huis. Na links die Woolworths wat laat genoeg oop is dat ek nog kan inkopies doen as ek vegvoos na ’n dag op kantoor daar langs weer terug huis toe ry. Hier het ek by dieselfde rooi lig saam met die liefde van my lewe gesit en wag op ’n groen, die spookhuis aan hom uitgewys en vertel hom, vertel van al die legendes en stories wat daaroor die rondte doen, ook van die verfilming van die Parlotones se ‘Push me to the floor’.
Dit was voor my eie reis begin het. Ook hier was my middelpunt. Ook ek moes ontdek dat dit vloeibaar is.

Met die eertse aanhaling van Friedrich Hölderlin boei die skryfster my reeds … poëties woon die mens op hierdie aarde. So beskryf Martjie Bosman in Vloeibare Middelpunt haar wereld-, miskien ook lewens- reis. Poëties en met bypassende melodie van Schubert, gee Bosman die wereld ’n derde dimensie.

Haar reis begin in Afrika waar die skynbare eenvoud van haar gedigte tog diep raak as jy die agtergrond ken.
Die eertse paar gedigte vanaf ‘Buitelander’ roep herinneringe by my op van my eie kleintyd en my steeds blywende skaamte oor die kleurryke, of is dit kleurlose,  geskiedenis van my land. Herinner aan gesinsvakansie en ons eie aia Vytjie Janjies se wat ons so liefdevol grootgemaak het. Sy sou ook met haar lyf assegaaie weghou. By haar het ek leer stampmielies met tamatie en peper eet. Sommer so uit die pot, op die onderste stoeptrap. ‘Vlermuis’ roep beelde op van Saterdagaand braaivleis en piekniek komberse.
‘Kanna hy kom huistoe’ benadruk my geween aan my moeder elke Sondag as ons in enkel gelid die Nederduits Gereformeerde kerk in Lime Acres moes in marsjeer ‘come hell or high water’. My pa ewe vroom in die diaken bank. Ook ek het gewonder of Jesus alleen maar daar op die koue hout banke tussen die suur gesigte te vinde was.
In ‘Blok myself’ verwys Bosman na ’n speletjie genaamd wegkruipertjie. As jy jouself sou blok dan kom jy self uit jou wegkruip plek. Jy hou dan op wegkruip. Hier laat sy haar ydelheid agter. Sy kom te voorskyn en sy gee van haarself oor aan die onoorkombaarheid van die maatskaplike probleme om haar. Ontbloting. Oorgawe aan ’n lot wat jy nie kan verander nie.

Sal ek ook kan vlug
vir die vrae die eise
sal ek kan wegkruip
vir die nood vir die honger
vir die winter?
Ek  haal my beursie
uit en blok myself.

Martjie Bosman skryf braaf en eerlik oor haar ervaring van die lewe. Haar reis en soeke neem haar na onder andere Engeland en Duitsland. Dis ’n bundel wat spreek van ’n mens met diep sin en ervaring in die lewe. Iemand wat geleer het om te voel en te sien verby wat die alledaagse aan ons ontbloot.
Tog keer sy terug na haar wortels, maar dit is nie sonder die hartseer besef dat dit tuis ook nie meer draai rondom dieselfde middelpunt of waarheid nie. In haar slot gedig ‘Spikkelkoei’ verwys sy na die pynlike realiteit wat heers in Suid-Afrika. ‘n Volk van vele kleure wat wat steeds wag vir die Madiba reenboog na die storm wat maar net nie wil uitwoed.

Vergeet nie die histerie en haat wat hyg
Waar velle van spikkelbeeste bedrieglik
Stil gesprei lê oor ’n skynbaar stabiele bodem

’n Keurige bundel deur ’n talentvolle skryfster. Sterk aan te bevelen.

***
Informatie over Martjie Bosman (1954) staat op Wikipedia.  Informatie over de bestelwijze van de bundel  kunt u vinden op de site van haar uitgever, Protea Boekhuis .

     Andere berichten

Rob de Vos-prijs 2024

Rob de Vos-prijs 2024

(Foto Pixabay) De poëziewedstrijd voor de Rob de Vos-prijs gaat weer van start. Vanaf 1 april t/m 30 september mag iedere deelnemer één...